Website Display
Search Website
News & Articles
WILDLIFE JOURNAL 2025
Globale Pryse Daal Steeds

Globale pryse daal steeds 

Pryse van globale lewendehaweprodukte daal steeds en internasionale, bees-, skaap- en hoendervleispryse was maand-op-maand laer, volgens die BFAP voedselinflasie-opsomming. 

Bees- en skaappryse is deur die beskikbaarheid van hoër voorrade in Oseanië afgedruk terwyl die vraag na invoere laer was, spesifiek in Asië (beesvleis), China en Wes-Europa (skaapvleis). Verder het die beskikbaarheid van hoër voorrade van die voorste uitvoerlande pluimveepryse afgedruk, ondanks uitbrekings van voëlgriep in die grootste produksiegebiede. Aan die ander kant het hoë seisoenale vraag en ‘n beperkte uitvoervoorraad van Wes-Europa en Amerika opwaartse druk op internasionale varkvleispryse geplaas.

In plaaslike vleismarkte was speenkalfpryse maand-op-maand 11% hoër, ná ‘n hardnekkige daling oor die eerste helfte van 2023. Bees- en skaapslagtings het met onderskeidelik 2% en 9% in Junie gestyg, wat daarop dui dat voerkrale meer plasings maak, wat tot ‘n groter vraag na speenkalwers lei.

Terselfdertyd het die prys van beide bees- en skaapvleis jaar-op-jaar met 15% gedaal.

Die dalende pryse van meer bekostigbare vleistipes soos vark- en hoendervleis teen onderskeidelik 1% en 0.2% is‘n weerspieëling van beperkinge in verbruikers se koopkrag.

Die laer voorkoms van beurtkrag en laer vleispryse kan die vraag na vleis ietwat verstewig, maar verbruikerskoopkrag behoort oor die afsienbare toekoms onder druk te bly en bekostigbaarheid sal ‘n belangrike oorweging bly.

Bron : Buro vir Voedsel- en Landboubeleid

Contact Us
Auction Selection
My Basket
Upcoming Events

RED GOLD LIVESTOCK AUCTION

 

Red Gold Livestock Auction

  • 25 April 2026 at 11h00
  • Live & Online Auction 
  • Bona Bona North West

 

Date: 2026-04-25

KALAHARI BEEFMASTER AUCTION

 

Kalahari Beefmaster Auction 

  • 1 October 2026 at 11h00
  • Live and Online Auction
  • Andre Kock & Seun Vryburg
Date: 2026-09-30

The Business Doctor Consultants
Copyright © 2025 Livestock Auctions. All Rights Reserved.